Pad toets: Opel Astra 1-liter

Europese Kampioen van die jaar!

Wayde van Niekerk het bewys dat bultende spiere en ‘n groot lyf nie noodwendig beter is as goeie gene nie! Dieselfde kan van die nuwe Opel Astra met sy klein 1-liter enjin gesê word. Hier in die 1970’s was die vierkantige Kadett ‘n gesogte voertuig wat eerlike waarde vir geld verteenwoordig het…

Read more

Geskiedenis: Unimog

Mercedes-Benz het toevallig die legendariese Unimog begin bou…

Dit was die grensoorlog wat die Unimog, of sommer net “Mog” in troepetaal, ‘n plaaslike legende gemaak het. Op 7 Oktober 2016 het Mercedes-Benz wêreldwyd die sewentigste verjaardag van hierdie baie unieke nutsvoertuig gevier en talle pers-verklarings uitgereik om die Mog se ontwikkeling en sy geskiedenis bekend te stel.

Read more

Bekendstelling: Honda BR-V

Nutsvoertuig vir jonk – en oud!

Honda het vanaf die intrapslag in Suid-Afrika in die 1980’s ‘n reputasie opgebou as een van die mees betroubare en soliede vervaardigers van motors op die mark. Die feit dat Mercedes-Benz die nuwe Japannese motors onder hulle vleuels geneem het kon moontlik daartoe bygedra het. Feit is dat Honda en Mercedes se paaie geskei het maar die Japannees het sy goeie reputasie behou en bou steeds daarop voort. Die nuwe BR-V nutsvoertuig bou voort op hierdie tradisie.

Read more

Geskiedenis: 50 jaar Bokser enjin!

Goliath en die berg Fuji – Subaru vier 50 jaar van die waterverkoelde bokserenjin.

Hierdie is nie ‘n Bybelse storie met ‘n snaakse nadraai nie; dis ‘n doodgewone mouterstorie. Dit kom uit die dae toe motors in Duitsland nog buitengewone name gehad het en die berg Fuji in Japan ook die naam geword het van ‘n maatskappy wat skepe, vliegtuie en later motors begin maak het.

Read more

Padtoets: Toyota Hilux 2.8 Turbodiesel

Ontspan in die Klein Karoo!

Met die bekendstelling van die nuwe Hilux ‘n tyd gelede het ons die subtitel “Die taai stryd wat kom…” gebruik. Die stryd waarna verwys was, het te doen gehad met Ford wat met sy Ranger bakkie daarin geslaag het om die Hilux se verkope ‘n paar keer die loef af te steek. Soos almal weet, het die nuwe Toyota die eerste maand al die bordjies verhang.

Read more

Padtoets: Peugeot 308 1.2T GT Line

GT staan vir “ge-tune”

Die “ge-tune” is apokrief en kom uit die jare sewentig in die Kalahari waar Engels min gehoor word en Afrikaans sy eie en mooi uitdrukkings het. Soos die leerling wat vir my ‘n opstel geskryf het waarin sy gesê het dat die man “skroutaaier” om die draai gekom het!

Read more

Bekendstelling: Nuwe Toyota Hilux

Die taai stryd wat kom…

U onthou nog die wysie en die woorde van die advertensie: “Alles loop reg, altyd reg, Toyota? Hierdie liedjie het die hele reeks voertuie uit die Toyota-stal ingesluit maar dit was veral die Hilux bakkies wat sedert 1969 by ons op die mark verskyn het wat werklik betekenis aan die advertensieliedjie gegee het. Hilux bakkies was vir dekades lank die onbetwiste kampioen in sy klas, tot onlangs…

Read more

Geskiedenis: Peugeot

Van Kaapstad tot Parys – en nou Dakar!

Dit was die legendariese Peugeot 203 wat in die vyftigerjare aan hierdie vervaardiger ‘n reputasie as ‘n kanniedood en geharde voertuig vir Afrika-omstandighede gevestig het. Hierdie reputasie was hoofsaaklik te danke aan twee Franse, monsieurs Mercier en Se Cortanze, wat in 1951 met ‘n 203 stasiewa ‘n nuwe rekord geslaan het deur die afstand van Kaapstad na Parys in 17 dae en 9 uur af te lê.

Read more

Bekendstelling: Mercedes-Benz GLC en ander G-modelle

Die Namib (en Kalahari) se Plaaspadpioniers!

Mercedes-Benz van Suid-Afrika het so-pas ‘n wye en nuwe reeks viertrekmodelle losgelaat op die mees gepaste plek; plaaspaaie en rowwe, regte rowwe voetspoorpaaie in die Namib. Behalwe die hoekige, alombekende Geländewagen wat reeds in 1979 op die toneel verskyn het, en uiterlik nie maklik van die oer-model onderskei kan word nie, was daar die GLC koepee-tipe sportnutsvoertuig en ook die opvolger van die gewilde M-klas, die GLE.

Read more