Goeie nuus vir die Kersvakansie
Tussen al die slegte nuus en dinge wat ons elke dag hoor en ervaar kom daar die goeie nuus dat dieselpryse heelwat gaan sak; ook dat Hyundai vir ons ‘n klein vreugdetjie so kort voor Kersfees gebring het. Dit is nou die 1,7 liter turbodiesel ix35 wat heelwat goedkoper is as die groter 2-liter wat tot nou toe die septer geswaai het in hierdie gewilde reeks sport-nutsvoertuie.