Borgwards is my lewe

‘n Ware Borgward-entoesias is die ou wat weier om in ’n BMW te klim!

In die Klein-Karoo het ons destyds net Fords en Chevs geken. Maar hier rondom 1957 het ’n vindingryke ondernemer op Uniondale, ene mnr. Keller, ’n groot, nuwe, diamantvormige kenteken van gebakte emalje in swart, wit en rooi op sy voormalige fabriek se muur aangebring. In die middel van die diamant het ’n naam gepryk waarvan ons nog nooit gehoor het nie: BORGWARD.

Read more

Bekendstelling: Nuwe Hyundai i10

Ideale stadsmotor, maar ook vir die langpad.

Verby is die dae waar jy met die koop van ‘n intreevlak motor met net die basiese tevrede moes wees. Die nuwe opgeknapte i10 stel nuwe standaarde vir klein motors teen ‘n bekostigbare prys. Die i10 spog met ‘n hele lys van standaard kenmerke wat mens onlangs net in duurder modelle aangetref het.

Read more

Bekendstelling: Nuwe Fluence [2011]

Renault raak ernstig!

Met die bekendstelling van die nuwe Fluence, was die plaaslike bestuur van Renault baie eerlik om te erken dat alles die afgelope paar jaar in Suid-Afrika nie reg geloop het nie. Hulle is ook baie ernstig om dit reg te stel en om so die negatiewe persepsies wat kopers van die modelle en diens het, om te swaai.

Read more

Geskiedenis: GM

Die Generaal, en die President van die VSA, gee om vir ons planeet!

Dis nie elke dag wag ‘n president van ‘n land self ‘n motor mag bestuur nie, die veiligheidsdienste van die staat hou nie van die gedagte nie. Maar president Obama het nou-die-dag darem die kans gekry om self weer agter ‘n stuurwiel in te klim en waarskynlik die kortste toetsrit in die geskiedenis af te lê – omtrent 12 meter!

Read more