Toyota Avanza 1.5 SX pas almal se sak en behoeftes
Op die voorblad van die glansbrosjure waarin Toyota die nuwe Avanza-reeks bekendstel is daar, behalwe die Avanza foto’s, ook afbeeldings van ‘n ry skoene van verskillende groottes wat ‘n familie voorstel. Daarmee word die boodskap oorgedra dat die Avanza beantwoord aan al die behoeftes en doeleindes van almal in enige familie. Die boodskap van die nutswaarde van die huidige generasie Avanza’s kan beswaarlik beter oorgedra word as die manier waarop hierdie illustrasie dit doen.