Geskiedenis: Alfa Romeo word honderd

Alfa Romeo word honderd; baie geluk Fiat!

Die befaamde Italiaanse vervaardiger, Alfa Romeo, het so pas hulle honderdjarige bestaan gevier. Nie net in sy geboortestad en land nie maar ook hier in die Kaap. En die regte plek in die Kaap is natuurlik die Franschhoek Motormuseum wat deur die Rupert familie met hul sin vir geskiedenis en tradisie ‘n paar jaar terug op die been gebring het. Dit was dan ook hier waar die lede van die Kaapse Alfa Romeo Klub op 27 Junie hulle skitterblink vuurwaens kon vertoon.

Read more

Padtoets: Toyota Auris XD

Lang bene vir die langpad

Toyota se nuwe Auris X-reeks is al so ‘n rukkie tevore bekend gestel. Nou onlangs het ons die XD-model in die reeks getoets en is vol lofgesange vir die “nuwe” Japanner wat ‘n paar nuwe eienskappe het wat hom van sy voorganger onderskei: Dinge soos ‘n nuwe enjinkap, flikkerligte in die syspieël, voorbuffer en sierrooster en hoofligte wat hom ‘n breëbors laat lyk.

Read more

Padtoets: Isuzu KB-reeks LX 300 4×4

Kyk weer!

Oor die jare heen het Isuzu bakkies ‘n reputasie opgebou vir enjins wat hou. Die eerste gewone dieselenjins wat jare lank hulle ding onder die enjinkgap gedoen het, sonder turbo-aanjaging, was onverwoesbaar. Daarna het die Isuzu bakkie vir ‘n tyd lank in die sewentigerjare as die Chevrolet LUV bekend gestaan; amper soos die Corsa wat ook nou die korporatiewe handelsnaam gekry het.

Read more

Geskiedenis: Hyundai

Hyundai: Van Basterponie tot Volbloed Hings!

Korea was tot ‘n dekade of wat gelede ‘n land iewers in die Ooste waarvan Suid-Afrikaners min geweet het en selde besoek het. Maar by sommige van ons ouer lesers mag daar tog noue bande met Korea bestaan omdat hulle pa’s of oupa’s in 1950 lede van die “Vlieënde Cheetahs” was wat daar saam met die Amerikaanse Lugmag teen die Kommunistiese Noord-Korea geveg het.

Read more

Padtoets: 2010 Citroen C3

Vorentoe in die verlede!

Oor baie dekades het die meeste seuns/mans seker gedroom dat hulle ‘n vliegtuig of helikopter kon vlieg. Om daar onder die glaskoepel van die Alouette, Impala of Mirage die wêreld deur te kyk en die gevoel te kry dat die hemel net bokant jou kop is. 

Read more

Geskiedenis: Peugeot 404

Peugeot 404: ‘n Staatmaker word Vyftig

Peugeot van Suid-Afrika het vergeet om ons te nooi na die bekendstelling van hulle jongste model in Suid-Afrika. Maar dis nie die ergste nie; sover het ek nog nie van hulle gehoor dat hulle vir die kanniedood Peugeot 404 vanjaar ‘n 50-jarige partytjie gaan geen nie. Hierdie model, wat in 1960 bekendgestel is, het in Suid-Afrika (en Oos-Afrika) baie diep spore getrap.

Read more

Padtoets: Hyundai i30

Méér as net ‘n papiertier uit die Ooste

Teen hierdie tyd het ons al begin gewoond raak aan Hyundai se nuwe neiging om hulle motors nommers eerder as name te gee. Dis nogal jammer want die Getz en Elantra en Atoz het vir baie mense al ‘n deel van hulle daaglikse woordeskat geword. Maar mense is aanpasbaar en syfers is seker daar om te bly!

Read more

ABS-Remme en ander nuwighede

ABS-Remme en ander nuwighede: Is hulle regtig noodsaaklik op nuwe motors?

‘n Week of twee gelede het ek weer ‘n ongeluk gesien wat vermy kon gewees het. ‘n Klein motortjie het  probeer uitswaai vir ‘n motor wat voor hom ingedraai het. Twee weke later is die remmerke nog steeds daar as ‘n stille getuienis van die drama wat op die pad wat ek elke werksdag ry, afgespeel het.

Read more