Fris en Vars!
Hyundai is beslis die mees suksesvolle handelsnaam wat ons land in die laaste dekade of wat getref het. Hoewel hulle nie hulle jaarlikse verkoopsyfers bekend maak nie, kan daar aanvaar word dat hulle kort agter Volkswagen en Toyota lê.
Hier vind U die nuutste motors en ons verslae oor hulle.
Hyundai is beslis die mees suksesvolle handelsnaam wat ons land in die laaste dekade of wat getref het. Hoewel hulle nie hulle jaarlikse verkoopsyfers bekend maak nie, kan daar aanvaar word dat hulle kort agter Volkswagen en Toyota lê.
Mededinging om ‘n beduidende aandeel in die mark vir bakkies in Suid-Afrika moet beslis van die taaiste in die wêreld wees. Die land se ekonomie word veral deur primêre sektore gedryf waar die funksionaliteit van veral die 1-tonners onontbeerlik is en wat gevolglik ideale bemarkingsomstandighede skep.
Toyota se Verso, die superstasiewa in die Corolla-reeks, het so pas ‘n nuwe baadjie aangetrek, en ook ‘n paar ander dinge wat nie so opsigtelik is nie. Stasiewaens het hier by ons hulle gewildheid lankal verloor; die enkeles wat nog op die mark beskikbaar is, is eerder gekamoefleerde Duitse blitssedans wat regtig nie pakplek het nie.
Met sy aanwysing as die een van die top drie mooiste motors op die Paryse Motorskou in 2012, en een van die finaliste vir die prys vir die beste ontwerpte motor vir die jaar vir 2013, is dit geen wonder dat Renault se bemarkingspan oortuig is dat sy nuwe Clio 4 ook ‘n wenner in Suid-Afrika en Namibië gaan wees nie. Dit was die boodskap met die onlangse bekendstelling van die nuwe Clio 4 aan die pers.
Nissan van Suid-Afrika het so-pas ‘n baie netjiese skuif gemaak. Die prys van die uitstekende Pathfinder, waaroor ons voorheen al met soveel lof geskryf het, het met nagenoeg N$100 000 geval om hierdie begeerlike en taai 4×4 nou binne die begroting van soveel meer mense te kan plaas.
Met die bekendstelling van die enkelkajuit Triton-bakkie verlede jaar het Mitsubishi Motors ‘n aggressiewe bemarkingstrategie van stapel gestuur in ‘n poging om weer sy regmatige plek in hierdie uiters mededingende mark in te neem.
Ontmoet mens die huidige dinamiese en charismatiese hoofuitvoerende beampte van die Toyota maatskappy, Akio Toyoda, is dit byna vanselfsprekend dat die familienaam êrens ‘n aansluiting moet hê met die produk self. En dit is dan ook inderdaad so.
In die relatiewe kort tydperk wat Hyundai op die plaaslike mark beskikbaar is, het hierdie Koreaanse vervaardiger, by wyse van spreke, die stryd as een van die topverkopers in die land amper stormenderhand oorwin.
Volkswagen van Suid-Afrika het so-pas sy nuwe Amarok dubbelkajuit, met ‘n nuwe 8-gang outomatiese ratkas, in die Namibwoestyn aan motorjoernaliste bekendgestel. Dit was letterlik en figuurlik ‘n WARM geleentheid met temperature wat by 55 grade Celsius gaan draai het; verder is die nuwe Volkswagen bakkie, met sy outomatiese ratkas en permanente vierwielaandrywing,‘n warm opponent in hierdie marksegment waar hy sommige van sy mededingers ore gaan aansit.
Iewers, diep in jou, is daar die heimlike begeerte om Afrika in te vaar en die slegste paaie en sandduine aan te durf met vertroue. Jy is skrikkerig om dit alleen aan te pak en soek nog vier maats om die avontuur te deel en mekaar moed in te praat.