Bekendstelling: Honda Civic Type R

Honda se nuwe Blits!

In hierdie tye van besparing en kommer oor skadelike gasse kan mens wonder of daar nog ‘n aanvraag is vir opgewarmde sportiewe luikrugmodelle wat gebou is vir spoed eerder as ekonomie. Maar as jy na die lys van aanbiedings op die mark kyk is daar nogal heelwat. Die bekendste is seker Volkswagen se Golf GTI wat al lank met ons is. Dan is daar ook die Opel Astra OPC en die Renault Megane RS en later in 2016 kom die Ford Focus ST.

Read more

Padtoets: Nissan Qashqai Acenta dCi

Langpad Lanie

Nissan se Qashqai was sedert sy bekendstelling in 2009 baie gou ‘n sukses en het al oor die 2 miljoen verkope wereldwyd gehad. Dit was Nissan se eerste sogenaamde “Crossover” of kompakte SNV (Sportsnutvoertuig). ‘n Nuwe Qashqai het verlede jaar op die Suid-Afrikaanse mark verskyn en met die eerste oogopslag is dit duidelik dat Nissan weer ‘n wenner beet het.

Read more

Bekendstelling: Citroen Cactus

Citroen is weer anders met nuwe C4 Cactus

Die Citroëns van die ou dae het ‘n reputasie gehad van ‘n bietjie anders wees maar die laaste paar jaar was hulle maar nog net deel van die hoofstroom Europese motors. Nou het Citroën met die nuwe C4 Cactus weer ‘n model wat jy op ‘n afstand kan uitken tussen die ander. Party mense sal dink hy is pragtig, terwyl ander weer glad nie van sy voorkoms sal hou nie. In Suid-Afrika vervang die Cactus die C4 reeks.

Read more

Bekendstelling: 2015 Opel Mokka

Die derde van die Duitse drietal

Die Mokka is Opel se eerste sub-kompakte SNV (sportnutsvoertuig) en  sal vanaf die einde van Maart 2015 in die vertoonkamers wees. In Europa is hy nie meer nuut nie, en is al aan die einde van 2012 te koop waar hy goeie  sukses gehad het met verkope van meer as 24 0000 eenhede in 2014.

Read more

Bekendstelling: Datsun GO

GO Man Go!

Twee jaar na dit bekend geword het dat die ou bekende handelsmerk, Datsun, weer op die mark gaan wees, is die Datsun GO nou te koop. Die ouer garde sal die gewilde Datsun modelle van die sewentiger en tagtiger jare onthou soos die 1600 SSS en die 120Y toe hulle die topverkopers in die land was.

Read more

Bekendstelling: Nissan X-Trail [2014]

Vars uit die Oond

Nissan het vroeër vanjaar die derde generasie X-Trail in Suid-Afrika aan die media bekend gestel. Dit volg op die sukses van die Qashqai en hy lyk baie meer na hierdie kleiner boetie as die hoekige vorm van die vorige X-Trail. Van voor is die indentiteit van die handelsmerk baie duidelik sigbaar.

Read more

Bekendstelling: Renault Sandero [2014]

Nuwe Renault Sandero verras met klein petrol turbo

Toe die eerste Sandero ‘n paar jaar gelede op die mark gekom  het dit gou heelwat aanhangers tot gevolg gehad – die prys was reg, voldoende krag (tog effe flou) en spasie, maar nie so lig op brandstof soos sommige van sy mededingers nie. Nou het Renault die Sandero heeltemal verfris met ‘n nuwe voorkoms en ‘n nuwe enjin – ‘n klein 900cc turbo.

Read more

Bekendstelling: Nuwe Chery J2 TX 1.5

Waarde vir geld uit China

Sedert Chery se eerste modelle in 2008op die plaaslike mark vrygestel is, het hierdie staatsbeheerde motorvervaardiger van China nog nie rasende sukses hier ter plaatse gevind nie.  Een van die die redes was die gebrek aan nuwe modelle wat kan kers vashou by die bougehalte en afwerking vanuit Europa, Japan en Korea.

Read more