Bekendstelling: Nissan Juke

Kleinboet van die Qashqai

As daar nou ‘n nuwe motor is waarvan die voorkoms gemengde reaksie uitgelok het van motorkenners tot die publiek is dit die nuwe model van Nissan, die Juke. Dit kan as die kleinboet van die Murano en die gewilde Qashqai  beskou word en Nissan bemark die Juke as ‘n alternatief in die B- en C-segmente van die luikrug motor mark.

Read more

Bekendstelling: 2011 Toyota Hilux

Die Nuwe Gesig van ‘n Wenner

In Suid-Afrika en Namibië is die mark vir een ton bakkies  ‘n baie belangrike en hoogs kompeterende mark. Toyota se Hilux , waarvan die bakvorm nou al van 2005 kom,  is nou al reeds ‘n hele aantal jare die top verkoper in hierdie mark…

Read more

Bekendstelling: Suzuki Kizashi

Nuwe vlagskip van Suzuki

Suzuki is in Suid-Afrika bekend vir hulle klein 4×4 voertuie, die Jimny en Vitara asook klein luikrug modelle, die Alto en Swift en dan hulle natuurlik ‘n lang geskiedenis as vervaardigers van  motorfietse.

Read more

Bekendstelling: Nuwe Hyundai i10

Ideale stadsmotor, maar ook vir die langpad.

Verby is die dae waar jy met die koop van ‘n intreevlak motor met net die basiese tevrede moes wees. Die nuwe opgeknapte i10 stel nuwe standaarde vir klein motors teen ‘n bekostigbare prys. Die i10 spog met ‘n hele lys van standaard kenmerke wat mens onlangs net in duurder modelle aangetref het.

Read more

Bekendstelling: Nuwe Fluence [2011]

Renault raak ernstig!

Met die bekendstelling van die nuwe Fluence, was die plaaslike bestuur van Renault baie eerlik om te erken dat alles die afgelope paar jaar in Suid-Afrika nie reg geloop het nie. Hulle is ook baie ernstig om dit reg te stel en om so die negatiewe persepsies wat kopers van die modelle en diens het, om te swaai.

Read more

Bekendstelling: Ford Fiesta [2010]

Fiesta kry ‘n kattebak en ‘n outomaties ratkas by

Ford Suid-Afrika het die modelreeks van die gewilde Fiesta uitgebrei om meer aan die behoeftes van die Suid-Afrikaanse koperspubliek te voldoen. Omdat Ford ook fasiliteite in Thailand het, word die meeste van die  nuwe modelle, insluitende ‘n nuwe vier-deur sedan daar gebou.

Read more

Bekendstelling: Hyundai Santa Fe 4×4

Hyundai Santa Fe 4×4 nou nóg beter

Dit is insiggewend dat die eerste Koreaanse Grand Prix (dit is nou in Suid-Korea – nie die kommunistiese noorde nie.) op Sondag, 24 Oktober plaasgevind het. Dit kan gesien word as ‘n teken van die groot vooruitgang wat die Koreaanse motorbedryf die afgelope paar jare gemaak het.

Read more

Bekendstelling: Suzuki SX4

Suzuki SX4 – by uitstek vir ons grondpaaie

Suzuki is bekend dat hulle klein maar goeie 4×4 voertuie maak. Die Jimny, Vitara en Grand Vitara is staatmakers – ook in Suid-Afrika. Suzuki SA het verlede week die nuwe opgekikkerde SX4 met ‘n paar klein, maar belangrike, veranderings in Suid-Afrika bekend gestel.

Read more