Top 5: Tow Vehicles

So it’s finally holiday time and you’re off to the coast with your boat to visit the in-laws. Or perhaps your daughter got a new horse for Christmas? In both cases you have our sympathy.

Jokes aside though, here’s our little list of cars that can tow big loads, arranged by number of models and total weight. Please note that we based this list on manufacturer’s figures and advise that you confirm any data with your local retailer.

Read more

Padtoets: Isuzu KB 300 4×4 LX

Isuzu KB 300 4×4 LX beïndruk

Dit het nou al amper ‘n deurgetrapte cliché geword van die kant van eienaars, joernaliste wat bakkies toets sowel as van die vervaardigers om aan te voer dat ‘n spesifieke model bakkie die rygenot van ‘n gewone passasiersmotor bied.  Jammer, dus, om ook my stem by hierdie koor te voeg nadat ek Isuzu se KB 300 4×4 LX dubbelkajuit onlangs op agterpaaie van die Klein Karoo stof laat vreet het.

Read more

Padtoets: Isuzu KB300 D-Teq LX Dubbelkajuit Outomaties

Plaasbakkie, Toerbakkie, Teaterbakkie

Dit gebeur elke keer as ek met ‘n Isuzu 4×4 ry, die eerste ry-ervaring met ‘n Isuzu hier uit die tagtigerjare, die bakkie wat aanvanklik bekend was as die Chev Luv. Wat opgeval het was die feit dat hy dieselfde grondvryhoogte as die gewone 4×2 modelle gehad het en hoegenaamd nie bo die ander uitgetroon het nie.

Read more

Padtoets: GWM Steed 5E 2.0 TD Xscape

Van Matroos tot Marathon-Man

Op ‘n tog terug in die verlede in 2006 in Angola het die Chinese met mag en mening die paaie, of wat daarvan oor was, met ‘n spoed begin herbou. Dit was dan ook daar wat ek bakkies wat soos ouerige Isuzu’s gelyk het, teëgekom het. By nadere inspeksie, en ‘n navraag by die Chinese werkers, was die antwoord toe gekry; die bakkies het “Sailor” geheet! En dit was die enigste bakkies wat die Chinese werkers destyds daar gebruik het.

Read more

Padtoets: GWM se Steed 5 bakkie

Puik waarde vir geld

Kort op die hakke van ‘n toetsrit met GWM se H5 vysitplek SUV, wat ‘n uiters gunstige indruk gemaak het, het ‘n toetsrit oor dieselfde roete met die Steed 5 dubbelkajuit 2.0 liter VGT gevolg. En in hierdie geval het die Steed 5 bakkie selfs nog ‘n beter indruk gemaak as sy eersgenoemde neef uit dieselfde stal, alhoewel hulle verskillende klante lok.

Read more

Bekendstelling: Isuzu se kraaknuwe KB’s

Enkeles, dubbeles en een-en-‘n halwes

Mededinging om ‘n beduidende aandeel in die mark vir bakkies in Suid-Afrika moet beslis van die taaiste in die wêreld wees.  Die land se ekonomie word veral deur primêre sektore gedryf waar die funksionaliteit van veral die 1-tonners onontbeerlik is en wat gevolglik ideale bemarkingsomstandighede skep.

Read more

Bekendstelling: 2011 Toyota Hilux

Die Nuwe Gesig van ‘n Wenner

In Suid-Afrika en Namibië is die mark vir een ton bakkies  ‘n baie belangrike en hoogs kompeterende mark. Toyota se Hilux , waarvan die bakvorm nou al van 2005 kom,  is nou al reeds ‘n hele aantal jare die top verkoper in hierdie mark…

Read more

Padtoets: Isuzu KB-reeks LX 300 4×4

Kyk weer!

Oor die jare heen het Isuzu bakkies ‘n reputasie opgebou vir enjins wat hou. Die eerste gewone dieselenjins wat jare lank hulle ding onder die enjinkgap gedoen het, sonder turbo-aanjaging, was onverwoesbaar. Daarna het die Isuzu bakkie vir ‘n tyd lank in die sewentigerjare as die Chevrolet LUV bekend gestaan; amper soos die Corsa wat ook nou die korporatiewe handelsnaam gekry het.

Read more