‘n Uitblinker, wat mis gekyk word
Ons mees onlangse toets met die nuwe Misubishi Pajero Sport het as aangename verrassing gekom, veral nadat ons die voertuig op die grondpaaie van Malmesbury en die duine van Atlantis getoets het. Groot was ons bewondering vir hierdie voertuig en ons was bly om hom nou vir ‘n volle week in die stad te kon toets.